PRODUKTE EN DIENSTE

Hexberg Kwekery is hoofsaaklik ‘n wingerdstok kwekery wat al vir meer as 90 jaar lank kwaliteit wingerdstokke lewer.
In 2016 het ons besluit om te diversifiseer deur granaatbome aan te plant.
Ons het vining besef daar is ‘n leemte in die mark om granaatbome te kweek. Omdat ons reeds ‘n bestaande kommersiële
kwekery bedryf kon ons maklik aanpas en het ons granaatbome begin kweek.

 

Hexberg Kwekery handhaaf noue verbintenisse met strategiese sleutel-rolspelers om hoë kwaliteit plantmateriaal aan sy kliëntebasis
te verseker. ‘n Verskeidenheid kultivars is beskikbaar en alle plantmateriaal word ingevorder van ons eie moederblokke wat ons self bestuur.

Buiten ons produk-aanbiedinge, bied Hexberg Kwekery ook spesifieke voor- en naverkoop-dienste kliënte by te staan in die proses van wingerdvestiging. Hierdie dienste sluit die volgende in:

Plaas en wingerduitleg-beplanning:

gebaseer op grondgeskiktheid, sowel as kultivar-, kloon- en onderstok-oorwegings.

Wingerdboukundige bystand en advies

vir die bestuur van langtermyn-wingerdprobleme
soos rolblad- en houtgesondheid-bestuur.

Naverkoop diens:

blok- en plantinspeksies.

Die insameling van en terugvoer aangaande relevante data.